Sunfunafrica's Blog

Hot Air Balloon Flights

Lizmari Welgens

Ons het as gesin saam op die lugballon trip gegaan omdat ons as gesin baie lief daarvoor is om saam nuwe goed/ “adventures” te doen. Dis die tye wat ons mekaar weer vind en nog beter leer ken. Ons het dit ook gedoen omdat dit my ouma se 87ste verjaarsdag geskenk was en het besluit om saam te gaan omdat jy een keer in ‘n leeftyd dalk die geleentheid mag kry. Dit is vir ons as gesin baie belangerik om dinge en veral nuwe dinge saam te doen, omdat ons die ondervindings en ervarings met mekaar kan deel.Gesinswaardes en familie tyd is vir ons baie belangerik. Ons gryp die geleenthede as gesin aan omdat ons nie weet of ons dit weer gaan kry nie en ook omdat ons weet die lewe is kort. En ook omdat my ouers se dit is glad nie dieselfde om sonder ons kinders te gaan nie, want ons maak dit nog lekkerder. Dit was heerlik! Almal se diens was uitstekend en het ons regtig baie welkom laat voel toe ons daar aan gekom het. Ons beveel dit regtig aan, aan gesinne, families, vriende ens. om te gaan en dit te geniet. Die “champange” en die ontbyt na die tyd was baie lekker en ons kon die ander mense ook leer ken.

Ons wil regtig baie dankie se aan tannie Eleanor (Organiseerder) en oom Mervin (vlieenier) wat vir ons die dag baie spesiaal en lekker gemaak het, Ons waardeer dit regtig baie.

Lizmari Welgens

January 17th, 2011 Posted by sunfunafrica | Adventure | no comments